HAKPYN, KNIEPYN IN LAERSKOOL KINDERS WAT IS DIT? Die toestand staan bekend as Sever’s Disease (hakke), Osgood-Schlatter Disease (knie) of Sinding-Larson Johannson Syndrome (onderkant van knieskyf). Dit kom baie algemeen voor in laerskool kinders (ouderdom 9-14) agv bene wat baie vinnig groei in lengte en dan veroorsaak dat spiere en tendons (heg spier aan been) al hoe stywer word. Inflammasie/Osteochondritis (pyn,rooiheid,swelling) is die eindresultaat. Hierdie tekens en simptome kan tot 2 jaar aan-en-af duur. WAT KAN DAARAAN GEDOEN WORD? Intensiteit van aktiwiteite moet tydelik verminder word, totdat pyn afneem, veral enige plofkrag sporte soos bv hoogspring, verspring ens. ‘n Fisioterapeut sal die stywe spiere losmaak en ‘n doeltreffende strek en oefenprogram gee. Dit is nie altyd nodig om sport heeltemal te staak nie!! Alles hang af van die erns van die osteochondritis. Die strekprogram moet tweemaal daagliks gevolg word. Ys op die pynlike area vir 10 minute elke 2 ure o...
David van Wyk : 071 895 4837